Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat ’n groot volk nou in die lewe gebly het. (vers 20)
Josef het in dit wat met hom gebeur het, God se hand, God se plan gesien. Wanneer Josef terugkyk na wat gebeur het, sien hy nie net die verskriklike onreg wat sy broers hom aangedoen het nie; hy sien ook hoe God hierdie kwaad omgebuig het, ingespan het om sy doel daarmee te bereik. Josef sien raak dat God iets goeds laat gebeur het deur die hele stuk hartseer heen: dat Hy op só ’n manier voorsien het in die behoeftes van sy uitverkore volk tydens die verskriklike hongersnood.
Die feit dat God die kwaad omgebuig het tot die goeie, beteken natuurlik nie dat sy broers se sonde goedgepraat word nie, maar dit het vir Josef gehelp om verder as net homself en sy verontregting te sien. Josef het oor sy lewe teruggekyk en die wonder gesien dat God in beheer van sy lewe is, dat Hy hom nooit laat los het nie, selfs in sy diepste nood, selfs toe dit vir hom gevoel het sy hele wêreld stort in duie.
NB: Ek is tans met verlof en gaan vir die res van Augustus nie weer stukkies uitstuur nie. Ek begin (DV) weer op 1 September. Ons gaan dan die boek 2 Petrus lees.
Views: 50
Sjoe, Jaco ek het op hierdie skat afgekom! Ek sien mens kan dit ook uitdruk.
Baie dankie.
🙂