“As julle kinders eendag hulle pa’s vra: ‘Wat beteken daardie klippe?’ moet julle die kinders inlig en sê: Israel het op droë grond deur hierdie Jordaanrivier gegaan. Die Here julle God het die Jordaan se water voor julle laat opdroog …” (vers 21-23)

Ons land staan vol monumente wat een of ander besondere gebeurtenis herdenk. Die sleutelwoord is “herdenk”. Die monumente laat ons weer dink aan wat gebeur het. Dit was ook die rede hoekom die Here die Israeliete beveel het om ’n klipstapel langs die Jordaan op te rig: dit moes hulle herinner aan die wonderlike voorsiening van die Here. Let wel: nie soseer dat hulle droogvoets deur die rivier kon trek nie, maar dat Gód dit vir hulle gedoen het. En – dit was ’n aanknopingspunt tot ’n geestelike gesprek met hulle kinders.

Ons het natuurlik ook herinneringstekens. Die pas-afgelope Paasnaweek was vol daarvan – die kruis, die leë graf, en natuurlik die nagmaal. Praat met jou kinders en kleinkinders hieroor, sodat die lig van God se voorsiening en sorg helder oor jou en jou mense kan skyn, in hierdie dae van inperking, maar ook tot anderkant die krisis.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.