Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem. (vers 10)

Die Here Jesus het die manier waarop ons oor God dink, onherroeplik verander en verdiep. Dit was vir Hom, die Seun van God, vanselfsprekend dat Hy van God gepraat het as sy Vader. Die wonderlike is dat Hy ons geleer het dat ons God óók as Vader mag ken en mag aanspreek. Dink byvoorbeeld aan sy groot gebed, die “Ons Vader”, waarin Hy ons leer om tot God as ons Vader te bid. In sy gesprek ná Hy sy dissipels hierdie gebed geleer het, vra Hy: “Is daar ’n pa onder julle …?” En dan verseker Hy ons (Luk 11:13): “As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer!”

In vers 4 spreek Dawid die versugting uit dat hy sy hele lewe lank God se _goedheid_ mag belewe “en daaroor wil nadink …” Die Direkte Vertaling praat van die _lieflikhede_ van die Here. Hier lê ’n groot geheim van Dawid se geloofsmoed: hy dink na oor God, oor sy goedheid, sy lieflikhede, sy skoonheid, sy andersheid, sy vaderskap.

Ek dink ons moet hom dit nadoen.

image_pdfimage_print

Views: 12

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.