Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uit gestuur om lewens te red. (vers 5)

Dis asof die legkaarstukkies van Josef se lewe in mekaar begin pas. Skielik maak soveel dinge vir hom sin: sy drome van destyds, die swaarkry as slaaf en bandiet in Egipte, die voorsiening van graan in die jare van oorvloed – alles was deel van God se plan. Só bely hy teenoor sy broers.

Ons het natuurlik nie almal die voorreg om só duidelik te sien hoe die legkaarstukke van ons lewe in plek val nie. Dikwels sit ons met vrae oor goed wat met ons gebeur het, draaie wat ons lewenspad gemaak het wat eenvoudig net nooit vir ons sin maak nie. Ander sien weer duidelik hoe die Here gely en voorsien het.

Hoe ook al, dít kan ons weet en glo: God is in beheer, al verstaan ons nie. Hy is die Een wat die dinge reël. Ons deel is om met opregtheid en oorgawe as gelowiges te volhard, ondanks alles. Josef het dit gedoen, en kon uiteindelik sê: “God het dit gedoen.”

Dit is hoe God se koninkryk kom.

image_pdfimage_print

Views: 13

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.