Twee jaar later is Feliks deur Porcius Festus opgevolg. En omdat Feliks die Jode ’n guns wou bewys, het hy Paulus as gevangene agtergelaat. (vers 27)

Wat ’n ongelooflike ingreep in Paulus se lewe en bediening! Hy sit in die tronk terwyl hy nog soveel het om te bied; uitgelewer aan die nukke en grille van korrupte politici. Dit wil alteveel lyk of God se plan hier lelik gefnuik is en Satan breed glimlag. Moes Paulus nie maar na sy vriende geluister het en weggebly het uit Jerusalem nie? Het hy nie dalk vir God verkeerd verstaan nie?

Dis sekerlik menslik om hierdie vrae te vra as dinge nie vir ons volgens (ons) plan verloop nie. Ons ken mos nie die hele pad nie. En daarom moet ’n mens, wanneer dit vir jou voel of dinge vasdraai, ’n tree terugtree en diep asemhaal, en God se leiding vertrou. Hy het Paulus tot daar gelei, en Hy is in beheer.

Paulus se tyd in die tronk was ’n belangrike fase van sy bediening. Dis is vanuit die tronk wat hy van sy betekenisvolste briewe geskryf het; briewe wat vandag nog, lank ná sy dood, steeds die kerk en vir jou en my help om God se leiding te volg.

image_pdfimage_print

Views: 15

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.