In die begin het God die hemel en die aarde geskep. (vers 1)

Genesis 1 het al tot baie argumente gelei, veral in die gesprek tussen Bybel en wetenskap. Klaarblyklik strook Gen 1 nie met die wetenskaplike feite nie. Daar is immers bewyse dat die aarde oor miljoene der miljoene jare tot stand gekom het, en nie net in ses dae nie. En hoe kon daar lig wees (dag 1) lank voordat die son geskep is op dag 4?

Ons kan dié soort argumente vermenigvuldig. Daar is Christene wat probeer om die wetenskaplike korrektheid van die skeppingsverhaal te verdedig. Dit is futiel. Want hierdie welmenende verdedigers maak die fout om Gen 1 te lees as ’n feitelike verslag oor die skepping, en daarom mis hulle die punt van die vertelling.

Gen 1 is kunsprosa, ’n gedig, as jy wil, wat die grootheid en almag van God besing. Daarom vra dit ’n ander manier van lees. Dit vra dat ons dit as ’n kunswerk moet waardeer; ’n netjiese konstruksie met ’n ses dag indeling, waar die eerste en vierde dae saamhang, die tweede en vyfde, en die derde en sesde. Dit besing die wysheid van God, sy fyn beplanning, sy sorgsaamheid, sy trots.

God is groot!

image_pdfimage_print

Views: 80

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.