Die Here God het toe ’n tuin in Eden in die ooste aangelê en die mens wat Hy gevorm het, daar laat woon. (vers 8)

Gen 1 en 2 verskil van mekaar soos twee skilderye van dieselfde toneel van mekaar verskil. Waar Gen 1 die klem laat val op die skepping van die mens as hoogtepunt van God se handewerk, vertel Gen 2 dat die mens die middelpunt van die skepping is; dat wat God gemaak het, bedoel was om vir die mens ’n mooi woning te gee waar hy gelukkig en goed versorg kan wees.

Gen 2 volg dus nie op Gen 1 nie, maar moet parallel met Gen 1 gelees word. God se skepping, so het die samestellers van die boek Genesis waarskynlik geredeneer, is te groot om met net een vertelling weergegee te word. Dit verdien meer aandag, kyke uit verskillende perspektiewe, om daaraan reg te laat geskied.

Gen 2 vertel dat die skepping van die mens as man en vrou deel is van God se goeie skepping. Die huwelik as instelling is God se plan. Daarom raai die Prediker (Pred 9:9) ons aan om die lewe te geniet met die vrou wat jy liefhet, want dit is ’n gawe Gods.

image_pdfimage_print

Views: 35

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.