Die vrou het die slang geantwoord: “Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin. God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.” (vers 2-3)

’n Oerbegeerte in ons is die strewe na selfbeskikking. Dit is hierop wat Satan ingespeel het in sy gesprek met Eva. Hy verdraai God se bedoeling en maak dit verdag (vers 1 en 5).

Dit is nog altyd sy modus operandi. Toe hy Jesus in die woestyn versoek het, volg hy dieselfde plan. Hy haal teksverse uit konteks aan en koppel daaraan ’n verkeerde betekenis wat op Jesus se selfbeskikkingsdrang inspeel (Matt 4:6).

Vandag is dit steeds deel van sy arsenaal. Hy herinner ons aan teksverse wat buite konteks vals verwagtings by ons skep van krag (Fil 4:13), veiligheid (Ps 91) ens. Dit val sag op die oor, want ons wil dit hoor.

Jesus, anders as Eva, probeer nie met Satan redeneer nie. Hy antwoord telkens deur te sê: “Daar staan ook geskrywe.” (Matt 4:7). Die Woord van God is nie verniet die swaard van die Gees nie (Efes 6:17).

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.