Dít verseker Ek julle: As ’n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ’n groot oes in. (vers 24)

Ek dink een van die groot probleme waarmee ons sukkel, is om die reikwydte van God se verlossing mooi te snap. Niks minder nie as die hele wêreld, elkeen wat glo, is in God se oog. So lief het God _die wêreld_ gehad (Joh 3:16).
Om dit te kon doen moes Jesus sterf (vers 24). Dit is God se resep vir nuwe lewe en vrug. En dis hierin wat ons Hom moet navolg: dat ons nie onsself en ons eie persoonlike voordeel voorop moet stel nie, maar weg van onsself moet kyk, die wêreld in die oog moet kry, soos Jesus.
Ons moet dit goed hoor – vrug kom deur te sterf aan jouself. Ons lewens sal net vrugbaar wees as ons Jesus volg. Ons getuienis sal net vrugbaar wees as ons weg van onsself wys na die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem. As Hy meer word en ons minder.
Om Jesus te volg, verg jou hele lewe. Bedink dit vandag opnuut.

image_pdfimage_print

Views: 16

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.