So het God alles wat op die aarde geleef het, uitgewis: mens en dier, ook dié wat kruip, en die voëls, hulle almal is weggevee van die aarde af. Net Noag en dié by hom in die ark is gespaar. (vers 23)

’n Mens kan beswaarlik die Noag-verhaal lees sonder om diep onder die indruk kom van die erns van die sonde. As jy terugblaai na Gen 1, roep elke vers dit uit dat die skepping vir God ’n vreugde was. Die verhaal sluit af: “Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed” (Gen 1:31).

En nou, skaars ses hoofstukke verder, is die skepping só verwring dat God die drastiese stap doen en alles vernietig. Dink net die pyn in God se hart toe alles onder die water verdwyn!

Gen 6:6 vertel ons wie om te blameer: die mens.

Net een man was regverdig: Noag (6:9 en 7:1). Ek wonder wat in sy gedagtes gedraai het toe hy hoor van die vloed en die ark wat hy moes bou. Hy en sy gesin sal deurkom, maar sy hele familie sal sterf; ook sy oupa Metusalag! En tog het hy alles gedoen soos die Here hom beveel het (vers 5).

Dít is geloofsgehoorsaamheid!

image_pdfimage_print

Views: 9

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.