Toe Hy in sy goedheid besluit het om sy Seun aan my te openbaar sodat ek die evangelie oor Hom onder die heidennasies sou verkondig, het ek nie dadelik daarna mense geraadpleeg of Jerusalem toe gegaan … nie.Ā (Gal 1:15-17)
Toe die Here Jesus Paulus op die Damaskuspad ontmoet het, het hy dadelik geweet dat God ān plan met sy lewe het (vgl Hand 9:15). En tog gaan hy nie dadelik op ān sendingreis nie. Nee, hy gaan na die Arabiese woestyn, en toe terug na Damaskus, en eers drie jaar later Jerusalem toe.
In Arabiƫ het hy gaan stil word met die vraag: Hoe wil die Here Jesus my gebruik? Hy het tyd gemaak om by God te hoor wat hom te doen staan. Paulus het verstaan dat hy nie God se werk goed sal kan doen as hy nie goed weet wat hy moet doen nie.
Wat van jou? Het jy al klarigheid oor wat jou persoonlike roeping is? DĆs nie ān vraag wat jy oornag kan uitpluis nie. Dis iets wat jy biddend by God moet hoor. HĆ½ is immers die Een wat jou roep en stuur. Dis sĆ½ koninkryk waarin jy moet leef en werk.
Paulus het drie jaar daaroor gebid. En jy?