Hulle het geantwoord: “Ons het baie duidelik gesien die Here is by jou. Ons wil onder eed ’n ooreenkoms met jou aangaan. Ons wil ’n verdrag met jou sluit …” (vers 28)
Hierdie is nou ’n geval van die appel wat nie ver van die boom val nie. Soos sy pa, jok Isak ook oor sy vrou en gee voor hulle is broer en suster, sodat God ook vir hom uit die moeilikheid moes red, net soos vir sy pa voor hom.
’n Beter ooreenkoms tussen Isak en sy pa Abraham is dat Isak ook ’n man van vrede was wat konflik vermy het. Hy het liewer onreg vermy as om te baklei oor wat reg is. Dis ook die raad wat Paulus later vir die Korintiërs gee in 1 Kor 6:7: “Eintlik is julle saak al klaar verlore, omdat julle hofsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle julle nie liewer te kort doen nie?”
Uiteindelik kon Abimelek dit nie mis nie: Isak is ’n man van God.
Dikwels wonder ’n mens hoe jy vir God kan werk en wat jy kan doen. Isak se verhaal sê: Leef jou geloof. Leef met integriteit. Dít is jou getuienis wat mense nie kan miskyk nie.
Views: 13