U het ’n ramp oor u volk gebring, U het ons wyn laat drink wat ons laat steier het. (vers 5)
Die lewe werk nie so dat jy van die een triomf na die volgende beweeg nie. Tussen-in beleef ons ook laagtepunte, waar dinge eenvoudig net nie uitwerk nie. Teleurstellings, mislukkings, frustrasies, noem maar op. Dit is ’n realiteit wat ons almal tref.
Die ergste van alles is – ons glo dat ons hele lewe in God se hand is. Daarom, as die ellende kom, kan ons nie van die idee loskom dat God iewers in dÃt wat gebeur, betrokke is nie. Soos die digter hier sê: God het ’n ramp oor sy volk gebring wat hulle dronk laat steier het.
Wat doen jy dan? Die maklikste is om op ’n hopie te gaan sit en jouself te bejammer. Maar dis nie die gelowige se antwoord nie. In die geloof lig jy jou kop op, klou aan God vas, en worstel met Hom oor jou nood, soos die digter hier doen. Want jy wéét God is op ’n manier wat jy nie verstaan of hoef te verstaan nie, by jou. Hy sál jou deurdra. Nét Hy kan dit doen, want mensehulp help nie (vers 13).
NB: Ons laat die Psalmboek eers hier. Ons sal later weer verder uit die psalms lees. Môre begin ons met die boek Jona.