Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. (vers 18)

Jesaja het nie in ’n goeie tyd in Juda se geloofslewe opgetree het nie. Hulle het teen God in opstand gekom (vers 2) en ken Hom nie (vers 3). Hulle het Hom verlaat en die rug vir Hom gedraai (vers 4). Ondanks talle pogings om tot hulle deur te dring, bly hulle halstarrig op die verkeerde pad (vers 5-9).
Dis nie dat hulle die godsdiensbeoefening verwaarloos nie, dis net dat God nie meer deel van hulle godsdiens is nie. Dit laat God uitroep: “Ek is sat van die brandoffers … Wie het julle gevra om my voorhowe te kom vertrap? Ek is moeg (vir julle feeste).”
Nie ’n mooi prentjie nie. En te midde van hierdie haglike situasie kom God se verstommende genade-aanbod. Hy sal hulle skoon was (vers 18) van selfs die ergste vlekke, maar dan moet hulle gehoorsaam wees (vers 19). Hulle moet ophou kwaad doen en reg laat geskied aan die gemarginaliseerdes (vers 17).
God se vergifnis is verniet, maar kom teen ’n prys: ’n veranderde, bekeerde lewe.

image_pdfimage_print

Views: 140

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.