Hoewel ek vry is en van niemand afhanklik nie, het ek my aan almal diensbaar gestel om soveel mense as moontlik vir Christus te wen. (vers 19)

Paulus staaf in hoofstuk 9 sy stelling in 8:13 dat hy nooit weer vleis sal eet as dit iemand sal laat struikel nie. Dit is hoe hy leef. Hy is ā€™n apostel, maar het die apostel se reg op onderhoud prysgegee (vers 12). Hy het sy reg om vry te leef en sy eie besluite te neem, prysgegee en homself ondergeskik aan ander gestel (vers19), al is hy kragtens sy verlossing slegs aan God verantwoording verskuldig. Dit alles ter wille van die evangelie en die heil van ander (vers 23).

Dit beteken nie dat hy die wesenlike van die evangelie verwater het nie, maar hy het nie-wesenlike dinge prysgegee. Die evangelie was vir hom baie belangriker as sy eie persoonlike ego en gerief. Hierin was hy gehoorsaam aan die Here Jesus wat gesĆŖ het: ā€œAs iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloĆ«n, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.ā€ (Matt 16:24-25; kyk ook na Fil 2:5-11)

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.