Moes julle nie liewer daaroor getreur het nie? (vers 2)
Ons ken almal kerklidmate wat nie meer meeleef met die gemeente nie. Iemand wat nie meer kerk toe kom nie, of dalk ān buite-egtelike verhouding het, of sy/haar werknemers sleg behandel. Of dalk met ān skerp tong ander seermaak. Of ān drankprobleem het. Of dalk as sakeman iemand anders ān rat voor die oĆ« gedraai het om so sy wins groter te maak.
Paulus praat van sulke mense, en dan noem hy hulle sondes by die naam: onsedelik of geldgierig of ān afgodsdienaar of kwaadprater of dronkaard of bedrieĆ«r (vers 11).
In die gemeente Korinte was daar ook mense wat hulleself gelowiges genoem het, maar nie soos gelowiges gelewe het nie. ān Mens sou verwag dat Paulus behoorlik onder hierdie mense inklim as hy ān brief aan die gemeente skryf. Paulus was natuurlik baie ontsteld daaroor. Maar vir Paulus was die ergste van alles dat die gemeente niks daaraan gedoen het nie! Die groot probleem in die gemeente Korinte was nie dat daar onsedelikheid en so aan voorgekom het nie. Die groot probleem in Korinte was dat die gemeente hierdie mense laat begaan het.
Nogal ontstellend, of hoe?