… laat hulle besef dat alleen U die Naam “Here” het, U, die Allerhoogste oor die hele aarde. (vers 19)

Met die eerste lees lyk hierdie na ’n wraakpsalm, waarin die digter vra dat God sy vyande sal uitwis. Tien buurlande het saamgespan om Israel te vernietig (vers 6-9). Die bedreiging is baie groot, en daarom pleit die digter dat God uitkoms sal gee deur die vyand te verdelg soos Hy in die verlede ook gedoen het in die Rigtertyd (vers 10-13).
Vir die digter gaan dit egter nie om pure wraak nie. Dit gaan primêr om God se eer wat op die spel is. Daarom gee hierdie psalm nie vir ons die reg om wraaksugtig vir ons vyande se ondergang te bid nie. Hierdie psalm pas in die konteks van die oorlewing van God se mense en God se Naam in ’n tyd toe mense geglo het elke volk het ’n eie god, en die volk wat ten gronde gaan, se god is dan ook daarmee heen.
Dalk voel jy lus om soos Asaf te bid vir die vernietiging van jou vyande, maar dis nie waaroor die psalm gaan nie. Dit gaan om God se eer. Dít moet voorop staan in jou lewe en gebede, nie selfhandhawing en selfbehoud nie.

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.