“Kyk, Ek kom onverwags soos ’n dief. Geseënd is die een wat wakker bly en sy klere reghou, sodat hy nie kaal hoef te loop en die mense sy skande sien nie.” (vers 15)
Die bakke herinner weer baie sterk aan die plae in Egipte, voordat die volk van God toegelaat is om te trek (vgl Eks 7–10). En net soos met die trompette konsentreer die eerste vier toornbakke op die aarde, see, waters en hemelliggame, die vyfde op duisternis en pyniging en die sesde op die oorlogsaanslag uit die ooste. Die verskil tussen die trompette en bakke is die toename in intensiteit. By die trompette word net ’n deel van die aarde aangetas, om die moontlikheid tot bekering oop te laat, terwyl die toornbakke alles vernietig as deel van God se finale oordeelsvoltrekking.
Die einde van die wêreld soos ons dit ken, het aangebreek. Die groot stad Babilon (vers19 – dis ’n kodenaam vir die stad Rome, die setel van die Romeinse Ryk) word finaal vernietig. En tog bekeer die mense hulle nie, maar bly teen God laster (vers 21).
God oordeel regverdig en sal uiteindelik die Bose en sy volgelinge vernietig. Ons moet naby God bly leef (vers 15) sodat ons. wanneer dit gebeur, gereed is.
Views: 24