Die Here het toe vir Moses gesê: “Met nog een plaag sal Ek die farao en Egipte tref, en dan sal hy julle hiervandaan laat gaan. (vers 1)
Ons aanbid ’n God wat ongelooflike geduld aan die dag lê in sy hantering van mense. Die meeste van ons sou lankal die farao na die warmplek gestuur het as ons die hef in die hand gehad het, maar dis nie hoe God is nie. Hy het met groot geduld die farao verdra; sy sarkasme, sy beledigings, sy valse beloftes. Lank nadat ons moed sou opgee, gee God hom nóg kanse om te verander en sy volk te laat gaan. Selfs Moses se geduld was later op (vers 8); hy van wie gesê is dat hy meer as enigiemand anders op aarde sagmoedig was (Num 12:3).
Die farao het natuurlik al sy kanse opgebruik, en hoofstuk 11 vertel van die keerpunt.
Geduld is een van die karaktertrekke van die vrug van die Gees in ’n gelowige se lewe (Gal 5:22). Want die Gees wil ons verander en vorm om hoe langer hoe meer soos ons hemelse Vader te word; geduldig te word soos Hy is. Kort van draad en Geesvervuld is nou eenmaal nie pasmaats nie.
Views: 5