Jy mag nie agter die meerderheid aan doen wat verkeerd is nie. Wat jy in ’n hofsaak getuig, mag jy nie verdraai nie, al doen die meerderheid dit ook. (vers 2)

’n Mens skrik eintlik as jy hierdie woorde lees. Die sanksie van die samelewing tel vandag baie meer as die riglyne van die Skrif. Mense maak soos hulle lus het, want “almal doen dit tog.” Dit beïnvloed die hele spektrum van die samelewing. Korrupsie het ons land bankort, gunslone is endemies, polisie is dikwels deel van sindikate, mense lieg met die hand op die Bybel in die howe …

Ongelukkig raak dit ook ons persoonlike lewens. Mense woon saam sonder dat hulle getroud is, buit hulle naaste uit. Jy weet nie meer wie jy kan vertrou of kan glo nie. Ons sit met ’n enorme verkrummeling van etiese waardes.

Dít is waaroor God in Eks 23 begaan is. En dan herinner Hy ons ook daaraan dat ons nie masjiene is nie. Ons en ons werkers het rus nodig (vers 10 en 12). Ons is nie gemaak om 24/7 te werk nie. G’n wonder uitbranding is aan die orde van die dag nie.

Daar is maar net een manier om te leef: sensitief vir God se leiding (vers 21).

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.