Moses kon nie in die tent van ontmoeting inkom nie: die wolk was daarin, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul. (vers 35)

In Eks 33:11 lees ons: “Die Here het direk met Moses gepraat soos ’n man met sy vriend.” En tog, toe die wolk die tabernakel gevul het, kon Moses nie ingaan nie. Die heiligheid van God het dit verhoed. Dit het ook by die brandende doringbos in Eks 3:5 gebeur.

Dit is iets wat ons baie goed moet verstaan. God is die Gans Andere. Hy is heilig. Voor Hom moet ons altyd huiwer. Die Spreuke-digter sê dit by herhaling (1:7, 2020-vertaling): “Ontsag vir die Here is die begin van kennis.” God is in misterie omhul, en geen mens behoort dié misterie te ontrafel nie. “God is in die hemel en jy is op die aarde; daarom moet jou woorde min wees.” (Pred 5:1)

In die Here Jesus het God natuurlik tot by ons gekom en vir ons die toegang tot die Vader geword. Maar – al is Hy ons oudste Broer en Vriend (Joh 15:15), is Hy nie ons tjommie nie. Ook in verhouding met Hom moet ons met ontsag leef.

 


Naskrif: Dankie dat jy die Bybel saam met my lees. Ek stuur (DV) op 1 Februarie my volgende hoofstuk.

image_pdfimage_print

Views: 9

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.