Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? (vers 16)

Ons elkeen as gelowige is ’n tempel van die Heilige Gees. So sê Paulus in 1 Kor 6:19. In hoofstuk 3 gaan dit egter nie oor indiwiduele gelowiges as tempel nie, maar oor die kerk. Die gemeente is die plek waar die Heilige Gees woon, waar Hy besiel en vorm en rig.

Die implikasie is dat ons die gemeente as die Gees se woonplek moet koester en oppas, want dit kan ook beskadig word deur dwarstrekkerigheid, onenigheid, rusie, ’n geskinder, en noem maar op. Wee die een wat die tempel van God beskadig (vers 17)!

Wat Paulus hier skryf, het ook ’n ander implikasie: buite die gemeente, los van die gemeente, beweeg jy ook uit die heilige teenwoordigheid van die Gees. Dit laat my wonder oor gelowiges wat die kerk verlaat en hulle eie ding doen en heil soek in kleingroepe en selkerke. Of maklik praat van die kerk skeur. Kan ’n mens God se tempel skaad of die rug daarop draai en steeds die seën en leiding van die Gees verwag?

Dis minstens iets waaroor ons almal moet besin, glo ek.

image_pdfimage_print

Views: 39

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.