Daarna het die dissipels weer huis toe gegaan. (vers 10)

Maria Magdalena word die eerste mens aan wie Jesus ná sy opstanding verskyn, want sy, en nie Petrus en Johannes nie, het daar by die graf gebly en Jesus as ’t ware kans gegee om haar te kom ontmoet.
Ek wonder hoeveel ontmoetings met Jesus het óns al gemis omdat ons, soos Petrus en Johannes, te saaklik in ons lewe voor die Here is. Ons is klaar met stiltetyd, lank voordat God opgedaag het. Petrus en Johannes mis vir Jesus op daardie Paasoggend omdat hulle gedink het hulle het alles gesien wat daar te sien was. Maar die eintlike Een wat hulle wou sien, móés sien, het hulle gemis! Dié voorreg was Maria Magdalena beskore, want sy was nog daar.
Dit is hoekom sy anders as Petrus en Johannes van die graf af weggegaan het. Sy het nie net die leë graf gesien nie. Sy het Jesus gesien.
Ons geloofslewe sal altyd sukkel as ons nie van tyd tot tyd sulke ontmoetings met die lewende, opgestane Here Jesus het nie. Daarvoor is tyd nodig. In ons besige wêreld is dít ’n geweldige uitdaging. ’n Afspraak met Jesus vra meer as ’n minuut stilte op ’n besige dag.

image_pdfimage_print

Views: 16

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.