… elkeen moet God dien in die omstandighede waarin hy was toe God hom geroep het. (vers 24)

Jou plek in die lewe nie hoef te verander as jy ’n gelowige word nie, sê Paulus. Moenie op jou man neersien of skei omdat jy nou glo en hy nie. Moenie jou gesin of jou familie vervreem oor jou nuutgevonde geloof nie. Moenie van werk verander omdat jou baas ’n ongelowige is nie. Dalk wil die Here jou juis as instrument gebruik daar waar jy is (vers 16). Leef voluit vir die Here in die omgewing waar jy woon en werk.

Daar kan natuurlik situasies opduik wat jou posisie verander, soos dat jou eggenoot nie kans sien om langer met jou getroud te wees noudat jy ’n gelowige is nie. Of jou eertydse vriende stoot jou uit omdat jou getrouheid aan die Here Jesus hulle nie aanstaan nie. Dan, sê Paulus, kan jy aanbeweeg. Maar die inisiatief kom dan nie van jou nie.

Ek onthou ’n onderhoud met (sir) Cliff Richard ná hy tot bekering gekom het. Hy gaan nie ophou sing nie, het hy gesê, want hoekom moet die duiwel al die goeie melodieë hê? Inderdaad.

Vra jouself dus af: Hoe kan ek die Here verheerlik in my omstandighede?

image_pdfimage_print

Views: 35

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.