Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm diƩ wat by Hom skuil. (vers 5)
Liewe Jemen
Baie geluk met Adoniram se verlowing! Ek sal sekerlik die huweliksluiting kom bywoon. Dit sal vir my heerlik wees om julle weer te sien, en om in julle vreugde te deel.
So, nou betree julle ook die fase van getroude kinders hĆŖ. En die fase van grootouer-wees wag hopelik ook net om die draai. Dis wonderlik om ān kleinkind te hĆŖ. Klein Abia is sy oupa se hart se punt. As hy op daardie kort beentjies van hom deur die paleis hardloop en skater van die lag, voel ek ook sommer weer lus vir die lewe. Dis net jammer dat ek nie meer soveel energie het soos wat hy het nie! En stout! Ek sĆŖ nou die dag vir Rehabeam hy moet die kĆŖreltjie kortvat, anders gaan hulle later baie probleme met hom hĆŖ, soos my pa met my broers gehad het. Maar jy weet hoe vandag se jongmense is. Dink mos hulle weet beter.
Intussen gaan die lewe aan. Ek het verlede maand ān nuwe verdrag met die Moabiete gesluit, en op die koop toe ān oulike jong prinsessie as nuwe bruid bygekry. Haar naam is Orpa. Sy is so vol lewenslus en verwondering oor alles. Ek wens ek was ook weer jonk. As ān mens ouer word, is dit soveel moeiliker om opgewonde te raak oor die lewe, want wat is nou eintlik nuut onder die son?
Wag, ek moet afsluit. Sterkte met al julle reĆ«lings vir Adoniram se huwelik. Ek weet sommer jy sal daarvan ān baie spesiale okkasie maak.
Dra my groete oor aan jou twee mansmense.
Salomo ben Dawid