En Ek sê vir julle: Gebruik die oneerlike mammon om vir julle vriende te maak sodat wanneer die geld nie meer kan help nie, hulle julle in die ewige wonings sal ontvang. (vers 9)

Hierdie gelykenis klink vir ons vreemd. Wat sê Jesus eintlik?
Die leidraad lê in die vorige gelykenis, waar die verlore seun tot inkeer gekom het en toe die regte ding gedoen het. Dit is ook wat met die oneerlike bestuurder gebeur het. Hy word uitgevang, en doen toe die regte ding: hy bring sy eienaar se boeke in orde. Die wet het immers verbied dat Jode van mede-Jode rente hef, maar die oneerlike bestuurder het wel rente gehef en só ook sy eienaar ’n mede-oortreder gemaak. Deur die rente af te skryf, maak hy reg wat verkeerd is, én maak hy vriende wat hom kan help tot hy ander werk kry.
Die oneerlike mammon, geld, moenie vir selfverryking ingepalm word nie, maar gebruik word om ander te help. Só dien jy ook die Here.
Die Fariseërs, en die ryk man in die volgende gelykenis (vers 19-31) was nie daartoe bereid nie en staan in skrille kontras met die bestuurder wat tot inkeer gekom het.
Die vraag is: hoe maak óns met ons geld?

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.