Hy het daarna gestrewe om hom raak uit te druk en die waarheid getrou op te teken. (vers 10)
Die laaste paar verse van die boek is ’n redakteur se opsomming of kritiese beoordeling van die Prediker se werk.
Die Prediker daag ons uit om in hierdie wêreld te leef soos dit is en nie aan vals hoop vas te hou nie. Hy praat met mense wat lewensin soek in rykdom, geleerdheid, plesier of politieke mag. Hy herinner ons daaraan dat dit op die lange duur nie bevrediging bring nie.
Hy daag ons uit om die lewe vierkant in die oë te kyk en met vrees en bewing ons afhanklikheid van God te erken (vers 13). Hy glo in God, selfs al verstaan hy nie die lewe of God se weë nie. Die skynbare sinloosheid van die lewe het hom na God toe gedrywe as die enigste Gewer van dit wat ewigheidswaarde het.
Die lewe is God se kosbare geskenk aan ons. Ons moet die kortstondige vreugdes van die lewe geniet, maar onthou dat blywende vreugde net uit God se hand ontvang kan word.
Naskrif:
Ons begin môre met die Tweede brief van Paulus aan die Korintiërs.
Views: 160