Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos ā€™n aangename geur. (vers 14)

Wanneer ā€™n Romeinse generaal destyds as oorwinnaar van ‘n veldtog af terugkeer, was dit die gebruik dat hy ā€™n triomftog deur die strate van Rome, en ook van sy eie stad, hou. Saam met hom was die stadsvaders, die priesters, ā€™n hele orkes, sy soldate, en ook die krygsgevangenes. Musiek het deur die hele stad weerklink, en dan was die stad se lug ook gevul met die soet geur van wierook. Niemand in die stad moes onkundig bly oor die roemryke oorwinning van die groot generaal nie.
SĆ³, sĆŖ Paulus, trek Christus nĆ” Golgota op ā€™n segetog deur die wĆŖreld. God wil hĆŖ die hele wĆŖreld moet in Christus se oorwinning deel. Nie net ā€™n handvol dissipels nie.
God werk deur mense. Daarom sĆŖ vers 14-15: ā€œDeur ons versprei Hy die kennis van Christus … Ons is die wierook …ā€ Deur Ć³ns.
As mense na jou kyk, sal hulle dan die lieflike geur van Jesus se oorwinning bespeur? Sal hulle iets van die opgewondenheid dat Jesus Here is, in jou lewe bemerk?

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.