Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word … (vers 16)
Is dĆt nie wat ons ook nodig het nie? Die innerlike krag, die moed om vir Christus op te staan? Dat ons nie net die visie sal hĆŖ (vers 18) van wat God kan doen as Hy mense se lewens verander nie, maar dat ons ook die moed sal hĆŖ om op te staan en te sĆŖ: Hier is ek! Ek meld my aan. Ek gaan betrokke raak by die God se besig-wees in die wĆŖreld. Ek gaan nie langer wegskram van die opofferings wat ek weet my betrokkenheid gaan vra nie.
Paulus het alles geweet van die opofferings en selfs ontberings wat sy roeping van hom geverg het. Dit was immers van die begin af God se plan met hom (Hand 9:15). En tog beskou hy dit as ān voorreg en ān eer om deel van God se plan te mag wees, al vra dit offers (vers 8-9). Want sy hart het soos God sān begin klop. Hy het geleer om soos God te dink, soos God na die mense om hom te kyk.
Mag dit van ons ook waar wees!