Moet tog nie ’n regsaak teen my begin nie, want niemand wat leef, is voor U onskuldig nie! (vers 2)

Hierdie boetepsalm kon netsowel in die Nuwe Testament gestaan het. As ’n mens oor jou eie lewe dink (en eerlik met jouself is), besef jy, soos die digter, dat jy in die moeilikheid is voor God. Niemand wat leef, is immers voor Hom onskuldig nie, soos Paulus ons later in Gal 2:16 en Rom 3:20 herinner.
Tog vlug die digter na God in die vertroue dat God genadig is (vers 8). Die Here se dade in die verlede (vers 5) gee hom moed. God het oor die eeue ontferming getoon aan sy mense, en daarom waag hy dit om in sy nood sy oë pleitend op God te rig (vers 6) en vestig hy sy hoop op Hom (vers 8), al is hy terdeë bewus van sy onwaardigheid.
Waar mense nog na God kan opsien vir hulp, is die situasie nie hopeloos nie. God is gretig om ons elke môre sy liefde te laat ondervind. Wie op Hom vertrou, sal nie teleurgestel word nie. Hy het immers sy eie Seun gegee, sodat ons sy genade kan ontvang (Joh 1:16).

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.