Daardie dag sal die Here sy oes inbring van die Eufraat af tot by die grens van Egipte, en julle, Israeliete, sal die koringare wees wat één-één opgetel word. (vers 12)

’n Mens kan jou net verbaas oor God se oneindige liefde en geduld met ons. Israel (die Noordelike Ryk) het al sy kanse verspeel en is uiteindelik deur die Assiriërs in ballingskap weggevoer; ’n ballingskap wat veel erger vir hulle voortbestaan was as die Babiloniese ballingskap wat die Ryk van Juda later getref het. Maar steeds nooi God (vers 5): Kom maak vrede met My! En sien ons sy Seun aan die kruis sterf vir ons, wat dit nie werd is nie. Ons het immers almal gedwaal soos skape (Jes 53:6). Daar is niemand wat goed doen nie, selfs nie een nie (Rom 3:12).
Die hartseer is dat die meeste mense nie van hierdie ruim aanbod van vergifnis gebruik maak nie. Wanneer die Here sy oes inbring, sal daar maar min wees – nie gerwe nie, maar een-een (vers 12).
Dis Here is ernstig as Hy in die Tweede Gebod sê Hy eis onverdeelde trou aan Hom, of, soos die 2020-vertaling vertaal, Hy is ’n besitlike God (Eks 20:5). Dit geld vandag nog, ook vir ons.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.