Vanaf die einde van die aarde roep ek tot U om hulp, want ek is moedeloos verby. Lei my na die rots hoër as ek. (vers 3, NLV)

Dis nie duidelik wat die digter bedoel met “die einde van die aarde” nie. Moontlik was die digter ver verwyder van die tempel en verlang hy na die geborgenheid wat hy daar ondervind. Dit kan ook wees dat hy aan die einde van sy kragte is en vrees dat hy uit hierdie lewe kan gly.
Dié dubbelsinnigheid help ons, want nou kan jy ook jóú einde, die einde van jou uithou, die einde van jou kragte, die einde van jou hoop – watter saak jou ook al tot jou einde dryf – in hierdie gebed terugvind. Want uiteindelik is dit net in die teenwoordigheid van God waar ons geborge en hoopvol kan leef.
Die gebed vir die koning (vers 7-9) is vir ons moderne lesers vreemd, omdat politiek en godsdiens nie meer so ineengevleg is soos dit in die Ou Testament was nie. Vir Israel was die koning immers die gesalfde verteenwoordiger van God in hulle midde. By ons is dit nie die geval nie. Tog is hierdie ’n tydige herinnering dat ons nooit moet ophou om vir ons regering te bid nie.

image_pdfimage_print

Views: 18

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.