So hou julle mos daarvan, Israeliete, sê die Here my God. (vers 5b)

Die Here se woorde by monde van Amos in vers 4-5 herinner sterk aan die Here Jesus se gelykenis van die tollenaar en die sondaar (Luk 18:9-14). In die gelykenis spog die Fariseër in sy gebed oor sy voorbeeldige lewe en talle oorvloedige offers. Maar uiteindelik was dit nie hy nie, maar die tollenaar, wat huis toe gegaan het as iemand wie se saak met God reg is (Luk 18:14).
Israel se godsdiens, sê God, is niks anders nie as sonde (vers 4). Want deur hulle offers het hulle hulle eie gewete gestreel en goed gevoel oor hulleself (vers 5b). Só het hulle nie God nie, maar net hulleself gedien.
Wanneer dít wat jy as kerklidmaat doen, daarop gemik is om jou gewete te sus en goed te voel oor jouself, of indruk op ander te maak, raak dit ’n klug. Jy flous niemand anders nie as jouself, sê die Here.
Amos 4 is ’n ernstige waarskuwing aan ons almal. Om kerk-kerk te speel beïndruk nie die Here nie. Ons moet besef dat ons met die lewende, almagtige God te make het (vers 13).

image_pdfimage_print

Views: 35

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.