Here, almagtige God, laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding! (vers 20)

Dalk is dit ook jou ervaring – dat God skynbaar afwesig is in jou lewe. Die digter pleit al dringender dat God sal ingryp en help (vers 4, 8 en 20). Hy herinner die Here aan sy uitredding en seëninge in die verlede (vers 9-12) en pleit dat dit weer met hulle goed sal gaan. Hy belowe selfs dat hulle nie weer van Hom sal wegdraai as Hy uitkoms gee nie (vers 19).
Die digter het in dié psalm nie ’n antwoord gekry nie. Sy smekinge hang as ’t ware in die lug.
Hoe gemaak as jy pleit en smeek en roep en soebat, maar dis of God Hom vir jou verberg? Dis of Hy met jou wegkruipertjie speel. Dan wil jy dit uitskreeu: Dis nie hoe ek die Here ken nie! Iewers is iets verkeerd.
Dan mag jy maar vra: Waarom? En dan mag (moet!) jy bid dat God tot jou redding sal verskyn. Hy het immers in Jesus tot by ons gekom en belowe dat Hy by ons is, al die dae.
Moet daarom nie hoop opgee en ophou smeek nie! Hy sál help. Dis die evangelie.

Naskrif: Ons laat die Psalmboek eers hier. Ons sal later weer verder uit die psalms lees. Môre begin ons (DV) met die Briewe van Johannes.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.