In die hemelse vergadering, tussen die hemelwesens, staan God op om uitspraak te lewer … (vers 1)

Dié psalm laat mens behoorlik kopkrap. Israel het net een God aanbid (vgl Deut 6:4), maar hier lyk dit of daar ’n hele klomp gode in die hemel is, al het hulle minder mag en gesag as God. (Die “hemelwesens” word bv in die 2020-vertaling met “gode” vertaal.)
Die beste verklaring (hoewel nie sonder probleme nie) is m.i. om te verstaan dat dit hier eintlik gaan oor aardse regters en maghebbers wat hulle verbeel hulle kan god speel oor mense, en dan boonop in die naam van een of ander heidense god uitspraak lewer. Hulle steur hulle nie aan hulle eintlik taak nie (vers 2-4), naamlik om op te kom vir die randfigure en mense wat nie ’n stem in die samelewing het nie.
Oor hierdie bose regters en maghebbers lewer God sy verdoemende uitspraak (vers 7), want uiteindelik is hulle aan Hom verantwoordelikheid verskuldig.
God is God oor almal, oor dié wat na hulleself kan omsien, én oor dié wat weerloos is. In besonder is Hy begaan oor die weerloses, want hulle is ook Syne (vers 8). Hierin moet ons Hom navolg, soos die Here Jesus ons geleer het in Matt 5:48.

image_pdfimage_print

Views: 26

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.