Luister tog na my, Here, verhoor my gebed, want ek is hulpeloos en arm. (vers 1)

Ek kry die laaste tyd al hoe meer mense wat by my deur kom aanklop om hulp. Hulle is hulpeloos en arm, en dis of dit hulle die reg gee om hulp van my te eis. Een so ’n man het my selfs gevloek toe ek hom nie wou help nie.
Dawid staan ook met sy nood voor God, maar sy gesindheid is anders. Dis nie vir hom ’n vanselfsprekende reg dat God moet help nie. Hy staan eerder voor God met ’n gesindheid van diensbaarheid aan die Here. Daarom bid hy (vers 11): “Leer my u pad, Here.”
Een kommentaar skryf dat ’n mens in hierdie gebed die stem van Christus hoor. Hy het destyds in Getsemane óók so na sy Vader gevlug en om hulp gepleit, nederig, afhanklik, sonder enige arrogansie en gewillig om in God se wil te berus.
Maar meer nog – Hy pleit as ewige Hoëpriester saam met ons vir genade en uitkoms. Daarom kan ek en jy met vertroue ons hart voor die Vader uitstort, soos Dawid in dié psalm doen.

image_pdfimage_print

Views: 8

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.