Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. (vers 25)

Die feit dat ons nie slawe is nie, maar kinders van God, beteken natuurlik nie dat ons kan maak soos ons wil nie. As deel van God se familie moet ons mekaar in liefde dien (vers 13).
Dit is natuurlik makliker gesê as gedaan, want ons ou, sondige natuur wil ons beheer, en dit lei tot die verdoemenis (vers 19-21). Dit is hoekom dit so belangrik is dat ons die Gees toelaat om ons te beheer (vers 16). Want die Gees werk vrug in ons elkeen (vers 22-23), sodat ons innerlik verander kan word om soos Jesus te word.
Dit gebeur ongelukkig nie vanself nie. Vanself baklei ons verwoed teen die werk van die Gees in ons. Daarom moet ons ons sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes kruisig (vers 24). Dit beteken daaglikse sterwe aan jouself, daaglikse oorgawe, sodat die Gees kan oorneem. Dan verander ons al hoe meer om soos Jesus te lyk (2 Kor 3:18).
Dink net hoe dit kan wees as die Gees jou verander en liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing in jou lewe skitter!

image_pdfimage_print

Views: 12

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.