My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. (vers 27)

Daar is vandag talle stemme wat na ons roep; stemme wat beweer húlle is die regte stem, húlle weet waar die groenste weiveld is en waar die water die soetste is. Verleidelike stemme. Stemme wat sê die kerk se leer oor sonde is net bedoel om ons pret te bederf. Stemme wat sê jy kan nie die kerk vertrou nie want die kerk het in die verlede al baie foute gemaak.
Daarom is mense vandag meer verward as ooit. Talle sê hulle weet nie meer wat om te glo nie, want dié een sê sus en daardie een sê so. Dié een sê kinderdoop en daardie een sê grootdoop. Dié een sê gays gaan reguit hel toe en daardie een sê daar is niks mee verkeerd nie.
Die vraag is: Na wie moet jy luister? Na die kerk, wat dit in die verlede ook al mis gehad het? Na dominees wat ook soms struikel?
Daar is net één antwoord: Jy moet die stem van die Herder self ken. Of liewer: Jy moet die Herder persoonlik ken. Dan sal jy sy stem herken. Dan sal vreemde stemme jou nie weglok nie.

image_pdfimage_print

Views: 39

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.