Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. (vers 13)

Hoe dink jy oor die werk van die Gees in jou lewe?
Jesus sê die Gees kom om ons in die hele waarheid te lei deurdat Hy dít wat Hy van Jesus en die Vader ontvang, aan ons meedeel, en ons daaraan herinner en dit vir ons verduidelik. Juis daarin verheerlik Hy Jesus. Wat die Gees van God in ons lewens doen, is om ons oë, ons gedagtes, ons harte te fokus op Jesus en op wat Hy gesê en gedoen het, om ons te help om dit te verstaan, om Jesus as ons Heer en Heiland te bely, sodat Hy waarlik Here van ons lewens sal wees.
As die Gees in jou lewe vaardig word, word jy aan Jesus vasgebind. Jy word ’n Jesus-dissipel. Jesus word jou Here en Hy word in jou en deur jou verheerlik.
Die Gees het gekom om Jesus Here in ons lewens te maak. Kom ons volg Hom dan met oorgawe!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.