En jy, Salomo, my seun, jy moet die God van jou vader ken en Hom dien met jou hele hart en met ’n gewillige gemoed, want die Here ondersoek alle harte en ken die bedoeling van elke gedagte. As jy na Hom vra, sal Hy Hom deur jou laat vind, maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp. (1 Kron 28:9).
Koning Dawid se einde het nou vinnig nader gekom. As ons na 1 Kon 2 kyk, was dit min of meer die laaste oudiënsie met sy onderdane, en ook sy laaste opdragte aan sy seun, wat op die drumpel van sy kroning gestaan het. ’n Groot deel van Dawid se gesprek met Salomo handel oor sy droom om ’n tempel vir die Here op te rig; ’n droom wat Salomo nou sal moet verwesenlik. Dawid het al die voorbereidings daarvoor gedoen. Salomo kon as ’t ware net begin.
Dawid se instruksies vir Salomo word omraam deur sy versekering dat God by hom sal wees (vers 9 en 20). Belangriker, nog, is sy vermaning dat hy moeite moet doen om God te ken en heelhartig en gewillig te dien (vers 9).
God se teenwoordigheid en sorg, en ons hartlike, gewillige diens aan Hom, gaan hand aan hand.
Views: 12