Jy moet dan die pot breek voor die oë van die mense wat met jou saam is … (Jer 19:10).

Daar is ’n finaliteit in hierdie handeling wat God beveel. ’n Erdekruik wat flenters is, kan nie heelgemaak word nie. Sy bruikbaarheid is verby. Daar is niks aan te doen nie, as om die skerwe op die rommelhoop te gooi – presies waar Jeremia gestaan het.
Die finaliteit van God se aankondiging laat ’n mens ineenkrimp. Of liewer, dit behoort ’n mens te laat ineenkrimp van vrees. Die leiers van die volk en die priesters wat alles gehoor en gesien het, het egter nie gereageer nie; in elk geval nie waarvan ons lees nie. Dit was eers toe Jeremia sy aankondiging by die tempel herhaal, dat Pasgur reageer (Jer 20) – met woede.
Hierdie gebeure was ’n keerpunt. Jeremia is van toe af toenemend mishandel en op verskillende maniere die swye opgelê. Die woord van die Here bly egter geldig, of jy nou luister, jou ore toedruk, dit ignoreer, of die een wat die woord aflewer, stil maak.
Was Jeremia se optrede tevergeefs? Tog nie. Sy waarskuwings het die Jode in Babel laat besef dat die ramp wat hulle getref het, nie was omdat God onmagtig was om te help nie.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.