Die Here het ’n eed afgelê en Hy sal dit nie herroep nie: “Jy sal altyd priester wees in die priesterorde van Melgisedek.” (vers 4)

Die agtergrond vir hierdie psalm is die troonsbestyging van koning Salomo. Dawid praat hier met Salomo oor sy koningskap by wyse van ’n uitspraak van God self. Die Here nooi die nuwe koning om as ’t ware saam met Hom te regeer (vers 1). Maar hy moet ook verstaan dat hy nie net ’n politieke hoof is nie. Hy is ook ’n priester met ’n godsdienstige rol, soos die priester-koning Melgisedek (vers 4, vgl Gen 14:18-20). Soos Melgisedek moet Salomo ook ’n bemiddelingsrol tussen God en sy volk speel.
Jesus het hierdie psalm se uitsprake op Homself van toepassing gemaak (Mark 12:35-37). Hý is die priester-koning by uitstek, in wie Ps 110 sy diepste vervulling kry (vgl Heb 5:5-6). Jesus is koning; Hy het oorwin oor sonde en dood en regeer vir ewig aan God se regterhand. Jesus is ook hoëpriester wat as Middelaar vrede tussen ons en God bewerk het.
In navolging van Christus word ons geroep om ook koninklike priesters te wees (1 Pet 2:9) – konings wat heers oor die sonde, en priesters wat mense help om voor God te kan leef.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.