Wie in die hemel of op die aarde is soos die Here ons God, wat hoog woon en hier onder alles sien? (vers 5-6)

Psalms 113-118 vorm die sg. Groot Hallel of Egiptiese Hallel, waarin die deurlopende tema is dat die Here geprys moet word vir sy verlossing uit Egipte. Dit was deel van die Joodse Pasga-viering, en Jesus het dit ook saam met sy dissipels gesing voordat Hy na Getsemane is op die aand waarop Hy gevange geneem is (Matt 26:30).
In Ps 113 word almal opgeroep om God te prys omdat Hy hoog verhewe is, maar tog nie afsydig is nie. Hy sien alles op aarde en is daar vir hulle wat randfigure van die samelewing geword het (vers7). Jesus eggo hierdie psalm in sy Saligsprekinge (Matt 5:3-12). Dit is hoe ons God in die Bybel leer ken. God staar Hom nie blind teen die waarskynlike keuses nie. Daarom kies Hy vir Jakob, nie Esau nie (Rom 9:11), en vir Dawid, en nie sy broers nie (1 Sam 16:7). Daarom word ’n onbelangrike meisie uit Nasaret die moeder van sy Seun, en nie ’n vername vrou van daardie tyd nie.
Daarom kan jy ook juig oor God, want Hy het jou raakgesien.

image_pdfimage_print

Views: 17

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.