So het Hy, nog voordat die wĆŖreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. (vers 4)

Ons is anders as ander mense ā€“ ons is heilig, aan God gewy. Ons behoort aan die Heilige, omdat Hy ā€™n plan met ons lewe het, werk vir ons het. Dis wat heilig beteken: om toegewy te wees aan God, uitgekies, eenkant gesit vir diens aan Hom.
Die bekende prediker Charles Spurgeon het hieroor gesĆŖ dis ook maar goed dat God hom gekies het nog voordat die wĆŖreld geskep is, want as God gewag het totdat hy gebore is, sou God hom nooit gekies het nie.
Inderdaad. En tog! Paulus adresseer sy brief: ā€œAan die heiliges wat in Efese isā€ (vers 1, 2020-vertaling). Ons is heilig, nie omdat ons sonder sonde is nie, maar omdat God ons heilig gemaak het (vers 4).
Dit beteken nie om sondeloos te wees nie; inteendeel, hoe heiliger jy word, hoe sondiger voel jy, want hoe nader jy aan God kom, hoe meer raak jy bewus van dinge wat nog nie reg is in jou lewe nie. Dis die groot paradoks. Dat ā€™n sondaarmens heilig kan wees, aan God kan behoort. Jy ook.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.