Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het. (vers 4)

As daar ooit ’n tyd was wat ons hierdie woord moet hoor, is dit nou. Die kerk is flenters, versplinter in honderde denominasies, en dit hou net nie op nie. Tans is daar ook weer sprake van skeuring in die NG Kerk. Daar is die sg. verkramptes en liberales. En hulle is bitsig met mekaar. Dis om van te huil.
In die nuwe huisgesin van God is bloed dikker as water; dis Christus se bloed. Ek kan nie my familie kies nie. God, ons een Vader, het dit reeds gedoen. En ons – nou moet ons optree “in ooreenstemming met die roeping” wat ons van God ontvang het “deur in vrede met mekaar te lewe” (vs 3).
Daarom mag (en móét!) ons nie net huil oor die verdeeldheid nie. Ons moet met groter vasberadenheid, in beskeidenheid, vriendelikheid en geduld mekaar in liefde verdra, sodat ons die eenheid wat die Gees tussen ons gesmee het, kan handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe (vers 3). Só sal ons as kerk na Christus toe groei. Ons is tog deur die Gees genadegawes van Christus vir mekaar.

image_pdfimage_print

Views: 38

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.