Toe hulle dan ingesien het dat God my hierdie voorreg gegee het, het (hulle) my en Barnabas die regterhand gegee as teken dat ons en hulle medewerkers is. (Gal 2:9)
Paulus het nie sy bediening as ’n las gesien, ’n werk wat hy moes doen nie. Vir Hom was dit ’n voorreg, ’n guns, staan dit letterlik hier in die Grieks, ’n guns wat God aan hom bewys dat hy deel mag wees van God se werk op aarde (vers 9).
Dáárom dat hy moeite doen om sy mede-gelowiges in Jerusalem te ontmoet, hulle die hand te reik, en saam met hulle oor die wil van God te worstel. Want as jy begryp dat dit ’n wonder-genade is om vir God te mag werk, sê jy nie: “As hulle wil weet wat ek oor hierdie saak dink, moet hulle na my toe kom,” nie. Nee, as God se wil belangrik is, as Hý belangrik is, dryf sy liefde jou uit na jou mede-gelowiges, en is dit nie ’n klomp moeite om saam met ander te worstel om by die waarheid uit te kom nie; nee, is dit ’n voorreg.
Ons het mekaar nodig. Ons kan mekaar help om saam by die waarheid van die evangelie uit te kom.
Views: 16