… ons het dus vrymoedigheid deur die bloed van Jesus om in te gaan na die heiligdom… (vers 19, 2020-vertaling)

Die woord parrêsia wat met “vrymoedigheid” vertaal is, is in die ou Griekse stadstate gebruik vir die praat- en stemreg wat die vrye burgers gehad het (in teenstelling met die vreemdelinge en slawe). Iemand met parrêsia kon deelneem aan die openbare gesprekke en besluite in die stadsamekomste. Dit was iets wat iemand gehad het – baie soos moderne stemreg. Dit is iets wat ons het, wat ons nie hoef te vra nie.
Parrêsia is verder ook die moed om hierdie reg uit te oefen. ’n Mens wat parrêsia het, het dus die reg om te praat, en ook die moed om daardie reg te gebruik. In die ou Griekse vertaling van die Ou Testament word hierdie woord gebruik waaruit die betekenis nogal baie duidelik na vore kom: “Ek, die Here, is julle God wat julle uit Egipteland laat wegtrek het, sodat julle nie langer hulle slawe hoef te wees nie. Ek het die skeie van julle jukke gebreek en julle regop laat loop.” (Lev 26:13, 2020-vertaling).
Dít het Jesus vir jou verwerf – die vryheid om regop te mag loop. Voor God en die mense!

image_pdfimage_print

Views: 20

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.