Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd. (vers 8)

Pelgrimsreise was nie eenvoudig nie. Die mense het te voet gereis, en die pad was dikwels baie gevaarlik. Dink maar aan die gelykenis van die barmhartige Samaritaan (Luk 10:30-35). En nou staan die pelgrim in die tempel. Die fees is verby; hy moet terug huis toe. Hy huiwer, want die lang pad voor hom is vol gevare. Dan praat hy homself moed in. Die Here sal hom help. Hy, die Skepper van hemel en aarde, het tog die berge ook gemaak (vers 2).
’n Priester hoor dit, en hy kom seën hom op sy pad (vres 3-8): Die Here sal nie toelaat dat jy struikel nie. Onthou, Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie. Hý sal jou op jou pad beskerm.
Ons is natuurlik ook pelgrims. En ons pelgrimsreis neem ons op baie kronkelpaadjies deur die lewe. En die heerlike belofte van hierdie psalm is dat ons nie alleen is op ons reis nie; dat God by ons is om ons te beskerm en te bewaar; dat Hy elke oomblik van elke dag by ons is; dat Hy nooit sy waaksaamheid ’n sekonde lank verslap nie.
Ons is nie alleen nie. Ons kan in God rus.

image_pdfimage_print

Views: 87

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.