Een van hulle mense, hulle eie profeet, het gesê: “Die Kretensers is altyd leuenaars, ongediertes, lui vrate.” Hierdie getuienis is waar. Daarom moet jy hulle streng teregwys, sodat hulle gesond kan word in die geloof. (vers 12-13)

Paulus se brief aan Titus herinner ons aan ’n ontstellende tendens waaraan ons ook blootgestel is. Dit is dat die omgewing die karakter van die kerk en haar lidmate kan bepaal, en nie andersom (soos dit behoort te wees) nie. Dit is wat in Kreta gebeur het. Die losbandige, leuenagtige en lui gees van die mense van Kreta het oorgespoel na die kerk. Lidmate het ook so geword. Of miskien het die evangelie nie deurgedring tot hulle doen en late nie.
Dit bring my by die vraag: bepaal die omgewing en heersende kultuur die kerk, of andersom? Soms wonder ek of ons Afrikanerskap nie swaarder as die evangelie weeg by party lidmate nie. Dis wanneer liefde vir die eie groter gewig begin dra as liefde vir die naaste, of wanneer die naaste gedefinieer word as “ons mense”.
Net geloof en kennis van die waarheid bring hoop op die ewige lewe (vers 2) en verlos ons van ’n selfgerigte kerk. Vandag nog.

image_pdfimage_print

Views: 20

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.