Ons het tot ons God gebid en dag en nag wagte teen hulle uitgesit. (vers 9)

Een van die duiwel se strategieë om gelowiges van die spoor te kry, is spot en verkleinering. Dreigemente gebruik hy ook. Om dan staande te bly, het jy ’n innige gebedslewe nodig. Dit is wat Nehemia en sy mense doen teen die aanvalle van Sanballat en sy trawante met die skerp tonge.
Waarskynlik kom die oud-kerklike Latynse uitdrukking _ora et labora_ (bid en werk) van hierdie gedeelte. Nehemia-hulle het gebid, maar ook met deeglike beplanning en ’n goeie netwerk van informante geseëvier.
’n Mens kan maklik wonder oor Nehemia se wraak-gebed (vers 4-5), maar dit gaan hier nie om persoonlike wraak nie, maar om die eer van God, want ten diepste is dit God se saak wat bespot en uitgedaag word deur die vyand. God laat Hom nie bespot nie (Gal 6:7).
Wat Nehemia reggekry het, is om die volk ’n besef van eiewaarde te gee. Danksy hom het hulle nie sommer gaan lê uit moedeloosheid nie, want hulle besef dat hulle onder beskerming van die Allerhoogste leef en werk. In Hom is hulle immers meer as oorwinnaars, soos Paulus jare later sou skryf (Rom 8:31-39).
Bid en werk. Dis ’n wenresep, vandag nog.

image_pdfimage_print

Views: 14

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.